Hamburg

Hierdie artikel handel oor die Duitse stad. Vir ander gebruike, sien Hamburg (dubbelsinnig).

Vrye en Hansestad Hamburg


Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Hamburg
 Koördinate 53°33′N 10°0′O / 53.550°N 10.000°O / 53.550; 10.000
 Stigting 810
 Stadstatus 1510/1618 Ryksstad
 Oppervlakte:  
 - Totaal 755,09 vk km[1]
 Hoogte bo seevlak 6 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2021) 1 853 935[2]
 - Bevolkingsdigtheid 2 522/vk km
 - Metropolitaanse gebied 5 395 307[3]
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde seeklimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 9 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 1,3 / 17,4 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 773 mm
 Burgemeester Peter Tschentscher (SPD)
 Amptelike webwerf hamburg.de

Hamburg (Duits: [ˈhambʊʁk], , plaaslik ook [ˈhambʊɪ̯ç'], ; Nederduits: Hamborg, [ˈhaˑmbɔːχ]; Nedersaksies: Hambörg) is die naasgrootste stad in Duitsland na Berlyn. Sy hawe is op een na die grootste in Europa en die negende grootste ter wêreld. Hamburg is die sesde grootste stad in die Europese Unie asook die grootste stedelike nedersetting wat nie as hoofstad van 'n lidstaat fungeer nie. Dit is een van die welvarendste stede in Duitsland en toon die vinnigste bevolkingsgroei van alle Duitse metropole.

Nagaansig van Hamburg se nuwe ikoniese konsertsaal Elbphilharmonie, geleë in die hawebuurt HafenCity (na regs)

Die amptelike naam van die stad, Freie und Hansestadt Hamburg (Nederduits: Friee un Hansestadt Hamborg,[4] Afrikaans: "Vrye en Hansestad Hamburg"), verwys na sy lidmaatskap in die middeleeuse Hanseatiese Bond van stede en sy besondere status as stadstaat en een van Duitsland se sestien deelstate (Bundesländer). Sedert 1982 tree Hamburg op as setel van die Internasionale Seegeregshof, die belangrikste instelling van die Verenigde Nasies in Duitsland.

Die stadstaat en administratiewe gebied van Hamburg het 'n oppervlakte van 755 km² en 'n bevolking van 1,851 miljoen, terwyl 'n bykomende 750 000 inwoners in nedersettings net buite die stadsgrense gehuisves is. Die metropolitaanse gebied van Hamburg (Metropolregion Hamburg) sluit gebiede van die aangrensende deelstate Sleeswyk-Holstein en Nedersakse in, met 'n oppervlakte van 18 100 km² en meer as vyf miljoen inwoners.

Hamburg lê teen drie riviere, die Alster, Bille en Elbe. Eersgenoemde vorm twee kunsmatige mere, die Binne- en Buite-Alster (Binnenalster en Außenalster), wat in die hart van die middestad lê.

Naas die samehangende stadsgebied is daar ook vier eksklawes. Drie klein eilande in die Noordsee (Neuwerk, Scharhörn en Nigehörn), wat sowat 100 kilometer noordwes van Hamburg geleë is maak, net soos die nasionale park Hamburgisches Wattenmeer, deel uit van die stadstaat.

  1. (de) "Bodenflächen in Hamburg am 31.12.2020 nach Art der tatsächlichen Nutzung" (PDF). Statistisches Amt für Hamburg und Schleswig-Holstein. 8 September 2021. Besoek op 8 Junie 2022.
  2. (de) "Monatszahlen – Bevölkerung". Statistisches Amt für Hamburg und Schleswig-Holstein. 31 Desember 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2022. Besoek op 8 Junie 2022.
  3. (de) "Daten für die Jahre 2013 – 2019 – Bevölkerung". Metropolregion Hamburg. 31 Desember 2019. Besoek op 8 Junie 2022.
  4. (de) Verfassung von de Friee un Hansestadt Hamborg. Landeszentrale für politische Bildung Hamburg, Hamburg 1996. (Sien ook Katalog der Hamburger Bibliotheken)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search